Twee mans buite Butterworth doodgeskiet
2010-08-04 13:11
Oos-Kaap - Twee mans is in Umsobomvu buite Butterworth doodgeskiet, sê die Oos-Kaapse polisie.
“’n Lid van die gemeenskap het die twee liggame gevind nadat hy Dinsdag om 23:00 geweerskote gehoor het. Hy het toe die polisie gebel,” sê kapt. Lingise Magama.
Die mans, onderskeidelik 21 en 36 jaar oud, is beide in die bolyf geskiet.
Een liggaam is langs die pad gevind en die ander in ‘n motor.
Die motief vir die moorde is nog onseker.
- Sapa