Twee mans beroof hotel
2011-04-24 21:01
Kaapstad – Twee mans is in hegtenis geneem ná hulle ‘n
onbekende bedrag geld by ‘n hotel in Touws Rivier in die Wes Kaap gesteel het.
Offisier Lindikhaya Mkhantwana sê die
19-jarige en 20-jarige man het Saterdagaand by die hotel aangekom om daar te oornag.
Die volgende oggend het hulle na die
hotelbestuurder gegaan en hom R300 betaal.
“Een van die mans het ‘n geweer uitgehaal en die
bestuurder geforseer om hulle na die kluis te neem,” het Mkhantwana gesê.
Hulle het die kluis leeggemaak en ook ‘n
koordlose telefoon, ‘n selfoon en geld uit drie dobbelmasjiene gesteel.
Volgens die polisie, is die mans op die N1
voorgekeer en in hegtenis geneem.
Al die gesteelde goedere is aan die hotel
terugbesorg.
Die mans sal Dinsdag in die Worcester landroshof
verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA