Twee leerders sterf in ongeluk
2010-11-09 18:40
Johannesburg – Twee leerders is op die R61 naby Flagstaff dood nadat hulle deur ‘n bakkie wat teen ‘n hoë spoed gery het, getref is, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
Die twee meisies, 15 en 16, van die Meyisa Senior Sekondêre Skool, is oppad huistoe deur die motor getref, het kapt. Mduduzi Godlwana gesê.
Die ongeluk het Maandag omstreeks 17:00 gebeur.
“Die leerders is op die toneel doodverklaar. Mistige weerstoestande kon dalk tot die ongeluk bygedra het,” het Godlwana gesê.
‘n 30-Jarige verdagte is gearresteer. Hy is van strafbare manslag en vir die bestuur sonder ‘n geldige rybewys aangekla.
Hy sal na verwagting Woensdag in die Flagstaff landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA