Twee lede van Waterkloof-vier kry parool
2011-12-15 13:21
Pretoria – Twee lede van die sogenaamde Waterkloof-vier sal Donderdagmiddag onder streng voorwaardes op parool vrygelaat word, het 'n familielid gesê.
"Die paroolraad van die gevangenis het aan die hof gesê hulle kan vrygelaat word," het Jimmy Stonehouse, stiefpa van Gert van Schalkwyk, gesê.
Stonehouse het gesê die familie is Donderdagoggend van die besluit ingelig.
Van Schalkwyk en Reinach Tiedt sal Donderdagmiddag uit die Zonderwater-gevangenis vrygelaat word.
Beamptes van korrektiewe dienste was nie onmiddellik beskikbaar om dié nuus te bevestig nie.
Die sogenaamde Waterkloof-vier is in 2008 gevonnis nadat hulle in 2001 ’n boemelaar in 'n park in Pretoria vermoor het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA