Twee kitsbanke in Goodwood opgeblaas
2012-02-03 13:05
Kaapstad – Twee OTM-masjiene is Vrydagoggend in Goodwood, Kaapstad, opgeblaas, het die polisie gesê.
“’n Ontploffing is omstreeks 03:10 op Vasco Boulevard gehoor. Kort daarna is ‘n tweede ontploffing gehoor,” het kapt. Frederick van Wyk gesê.
‘n Getuie het gesien hoe ‘n wit motor met drie of vier insittendes van die toneel gevlug het, het hy gesê.
Dit was onduidelik of enige geld gesteel is. Die verdagtes is steeds op vrye voet.
Van Wyk het gesê ‘n saak van saakbeskadiging word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA