Twee kinders verdrink glo in toilet
2011-10-22 10:20
Johannesburg – Twee kinders het na bewering verdrink ná hulle hulself in 'n toilet in Senaoane, Soweto, toegesluit het, het die Gautengse polisie Saterdag gesê.
Nog twee kinders is in 'n hospitaal opgeneem.
Die ongeluk het Vrydagmiddag om ongeveer 16:00 plaasgevind, het konst. Kay Makhubela gesê.
Twee kinders, 'n driejarige en sesjarige, is dood gevind.
Makhubela het gesê 'n nadoodse ondersoek sal bevestig hoe die kinders dood is, maar dit wil voorkom of hulle verdrink het.
Die twee ander kinders was teen Saterdagoggend steeds in die hospitaal.
Die omstandighede rondom die kinders se dood word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA