Twee kinders verbrand in plakkershut
2010-07-26 11:40
Johannesburg – Twee kinders is dood nadat hul ouers se plakkerhut in Dobsonville Maandagoggend aan die brand geslaan het.
Die kinders se ma het ernstige brandwonde opgedoen.
“Twee kinders, ‘n driejarige seun en ‘n vyfjarige meisie, is tydens die brand dood. Die ma is erg gebrand en is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem,” het Percy Morokane, ‘n woordvoerder vir nooddienste in Johannesburg, gesê.
Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die brand was nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA