Twee kinders sterf in vuur
2010-07-19 03:40
Johannesburg - ‘n Twee-jarige en vier-jarige kind is dood toe 'n dubbelverdieping huis in Norwood afbrand. Hulle ma is vermoedelik ook in die vuur oorlede.
“Die dubbelverdieping huis is as onveilig verklaar na die brand onder beheer gebring is.
"Ons kon nie ingaan om te kyk of die ma van die kinders ook in die huis was nie,” het Percy Morokane van Johannesburg se nooddienste gese.
Hulle sal later vandag by die huis kan ingaan om hul soektog voort te sit.
Die pa van die kinders is ongedeerd buite die huis gevind.
“Ons weet nie waar hy was toe die vuur begin het nie.
“Die polisie sal wel ondersoek instel,” het Morokane gese.
Morokane kon ook nie se hoe die vuur begin het nie.
Volgens Morokane het die bure en ‘n sekuriteitswag ‘n ontploffing gehoor voor die vuur uitgebreek het.
Die vuur is om 21:30 Sondagaand geraporteer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA