Twee kinders sterf in Worcester-ongeluk
2011-12-09 11:07
Kaapstad – Twee kinders is dood en 11 ander mense ernstig beseer nadat die bakkie waarop hulle gery het op die Breederivier-pad in Worcester teen 'n trekker gebots het, het die polisie gesê.
'n Negejarige en 14-jarige kind is op slag dood en die nege beseerdes word op die toneel behandel.
'n Boer het vermoedelik 15 kinders op sy bakkie skool toe geneem toe die ongeluk plaasvind. Hy en die trekkerdrywer is in die ongeluk beseer.
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die kinders was op pad skool toe.
"Ons mediese personeel is op die toneel om die beseerde skoolkinders te help."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA