Twee kinders dood in huis gevind

2010-07-30 20:55
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die polisie is op soek na die ma van twee jong meisies wat Vrydag dood in hul huis gevind is in Theresa Park in Pretoria.

Die lyke van ‘n vierjarige meisie en haar agt maande oue suster is deur ‘n vriendin van die kinders se ma gevind toe sy hul huis besoek het, het konst. William Mahlaole gesê.

Die ma van die kinders en haar motor kon nêrens gevind word nie.

Die polisie is tans besig om haar te soek.

Volgens Mahlaole lyk dit asof die vierjarige meisie verdrink is, omdat daar water in ‘n bad naby hulle was.

Die polisie vermoed dat die baba met ‘n hoed versmoor is.

Die hoed het nog op haar gesig gelê toe die polisie by die toneel aankom.

Geen sigbare kneusplekke of wonde is aan die kinders opgemerk nie.

Volgens Mahlaole is die vriendin na die huis toe om iets af te lewer.

Sy het gesien dat die huis se deur oop is en het daarna die ma van die kinders geroep.

Toe sy geen antwoord kry nie, het sy die plaaslike sekuriteitsmaatskappy geskakel.

Sy het saam met die sekuriteit die huis deursoek, wat deurmekaar was en ‘n vrot reuk gehad het.

Die ma van die kinders het Donderdag laas met familielede gepraat.

Die polisie vermoed dat die ma by die voorval betrokke is of dat rowers die kinders vermoor en die ma ontvoer het.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die kinders se dood.

Die pa van die kinders is in Ferbruarie oorlede.

Volg Nuus24 op Twitter.

 

- SAPA

Lees meer oor: kindermoorde  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Alphonso sê... Ek dink dis n ras ding aangesien baie mense in weskaap afrikaans praat en dit is n nuwe manier om ontslae te raak van afrikaans sprekendes. Mani het dit nie reg gekry met sy ( miljoen ).Weg dit asb. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 20-26°C More sun than clouds. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. Broken clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Widely scattered tstorms. Clearing skies. Mild. Bfn: 19-31°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Mostly sunny. Warm. PE: 22-26°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Legal Services

Johannesburg, South Africa
Evolution Recruitment
Market Related

Proposals Manager

Kya Sand, South Africa
Key Recruit
Market Related

Project Manager

Bryanston, Sandton, South Africa
Key Recruit
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2003
R 119,995.00

VOLVO

S40 2.4i Geartronic
2005
R 169,000.00

TOYOTA

Fortuner 3.0 D-4D RB Dsl
2006
R 249,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.