Twee kinders brand dood
2011-07-04 21:56
Johannesburg – Twee kinders het Maandag doodgebrand toe ‘n sinkhuis vlamgevat het in Daveyton, Ekurhuleni, het die polisie in Gauteng gesê.
Volgens ao. Jannie van Aswegen het die kinders – ‘n tweejarige meisie en ‘n vyfjarige seun – se ma die sinkhuis verlaat terwyl die kinders nog geslaap het. Toe sy teruggekeer het, het sy die sinkhuis in ligte laaie gevind.
“Ons weet nie wat die brand veroorsaak het nie, maar sy het gesê sy het nie ‘n paraffienstoof gebruik nie en sy het geen brandende kerse in die huis gelos nie.”
Die polisie ondersoek die brand.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA