Twee jong mans doodgesteek
2010-04-13 23:20
Kaapstad – Twee jong mans is doodgesteek in Khayelitsha, het die Wes-Kaapse polisie Dinsdag gesê.
“Die twee 18-jariges het Maandagaand in Blok A gestap toe agt mans vanaf Blok B hulle gejaag het,“ het konst. Mthokozisi Gama, polisiewoordvoerder, gesê.
“Hulle is aangerand en verskeie kere met messe gesteek. Beide slagoffers het op die toneel gesterf.”
Die polisie het die agt verdagtes, tussen die ouderdomme van 15 en 22, Maandagaand in hegtenis geneem.
- Sapa