Twee jong kinders verdrink in kanaal

2011-08-29 07:09
Tweets Share Share line Print

Upington – ’n Derde watertreurspel binne net ’n maand het dié dorp die naweek getref toe ’n vierjarige kleuter en haar sewejarige boetie albei in die kanaal net buite Upington verdrink het.

Die twee was hul ouers, Mowen en Maria Lubbe, se enigste kinders.

Klein Marsha Lubbe het water uit die kanaal by Leseding net buite Upington gedrink toe sy ingeval het. Haar boetie, Romeo, het agterna gespring, maar albei is deur die sterk stroom water meegesleur.

Vir hul ouma, Berdien Kordom, is hul dood ’n tragiese herinnering aan toe haar seun, Roman (toe tien jaar oud), op 20 November 2008 in dieselfde kanaal verdrink het.

Lede van die polisie se duikspan op Upington het die kinders se lykies Saterdag omstreeks 09:00 uit die kanaal gehaal nadat hulle Vrydagmiddag in die water beland het.

Die Lubbe-egpaar was Sondag op Keimoes om die tragiese nuus aan familie daar oor te dra. Hul selfoon was afgeskakel en hulle kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Familielede by die gesin se huis, in die brandarm Leseding-nedersetting sowat 10 km van Upington kort voor Louisvale, het Sondag hartseer vertel die kinders was baie lief vir mekaar.

Kordom het met traangevulde oë vertel dit is die tweede keer in drie jaar wat die kanaal kinders van haar eis – eers haar eie seun en nou haar kleinkinders.

Sy is mev. Lubbe se ma.

Marsha, haar boetie en nog twee maats was Vrydag langs die kanaal toe Marsha wou water drink, het een van die maats aan die familie vertel.

Dié vier het maar altyd saamgeloop.

Sy het ingeval en Romeo het dadelik ingespring om haar te help.

Nie een van die twee kon swem nie en die sterk stroom water het hulle meegesleur. Die kanaal is besonder diep in dié gedeelte en was boonop baie vol.

Die voorval was Vrydag tussen 15:00 en 16:00. Die maatjies het Leseding toe gehardloop om hulp te ontbied.

Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie op Upington, het gesê die duikspan het hul lykies sowat 15 km van waar hulle in die water beland het, gekry.

Ashley Andrews (15) en Lizelle Draaier (16) het vier weke gelede verdrink nadat hulle van die voetgangerbrug oor die Oranjerivier by Upington gespring het. Hul lyke is 11 dae later uit die rivier gehaal.

Net ’n dag daarna het Gerrit Steenkamp (39) van Loeriesfontein ook verdrink toe hy van dieselfde brug afgespring het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: kindersterftes  |  verdrinkings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

butch.vanblerk sê... STEM SAAM HARRY - DIS DIE ANC SE EIE NUUTGEVONDE DOPSTELSEL - NET SOOS DIE RES VAN DIE 15 MILJOEN WELSYN (PAPGELD) TOELAES - EN DAN DAN HET HUL DIE BOERE VERGUIS OOR DIE "DOPSTELSEL" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A3 2.0 FSi Ambition 3-dr
2008
R 215,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.