Twee ernstig beseer ná vragmotor omslaan
2011-11-25 15:26
Johannesburg – Twee mans is ernstig beseer nadat die vragmotor waarin hulle gery het op die M1-hoofweg naby die Jan Smuts-afrit omgeslaan het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Die bestuurder, wat van roekelose en nalatige bestuur aangekla sal word, en 'n passasier is hospitaal toe geneem, het hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.
Besonderhede oor die ongeluk is onduidelik.
"Die M1-Noord is by die Empireweg-afrit vir verkeer gesluit en motoriste word aangeraai om die Booysens- of Joe Slovo-afrit te gebruik as hulle van die M2 af reis," het Minnaar gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA