Twee ernstig beseer na ongeluk
2010-01-23 19:40
Kempton Park - Twee vroue is Saterdag ernstig beseer toe die Mercedes Benz waarmee hulle gery het teen ‘n ander voertuig gebots het, het paramedici gesê.
“Die presiese gebeure rondom die ongeluk is nog nie seker nie, maar ons weet dat die Mercedes op die Modderfonteinpad in die rigting van Kempton Park onderweg was, toe dit teen die kant van die ander voertuig gebots het,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Die twee insittendes van die ander voertuig het van die ongelukstoneel gevlug en hul motor agtergelaat, het Botha gesê.
- Sapa