Twee doodgeskiet in rooftog
2011-06-30 12:26
Oos-Kaap – Twee mense is doodgeskiet en 'n derde persoon gewond tydens 'n rooftog in Flagstaff, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
'n Groep gewapende mans het omstreeks 20:00 Woensdagaand by 'n winkel ingegaan toe 'n skietery uitgebreek het, het lt.kol.
Mzukisi Fatyela gesê.
"Die eienaar het terug geskiet en twee mense is dood. Ons is nie seker of hulle deel van die groep of verbygangers was nie."
'n Derde man is gewond en is hospitaal toe geneem, terwyl die res van die groep gevlug het.
"Ons ondersoek die saak om uit te vind wat gebeur het. In die stadium weet ons nie."
Die winkeleienaar is nie in hegtenis geneem nie.
"Hy het probeer om homself te beskerm, so ons moet die saak verder ondersoek."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA