Twee dood toe motor omslaan
2011-08-19 23:07
Johannesburg – Twee mense is dood toe hul voertuig op die JG
Strydom-straat in Alberton omslaan, het die Ekurhuleni metropolisie gesê.
Kobeli Mokheseng, ‘n woordvoerder vir die
Ekurhuleni metropolisie, sê reddingskake is gebruik om ‘n 50-jarige man wat agter
die stuurwiel vasgesit het te bevry.
Sy passasier, ‘n 35-jarige man is uit die
voertuig gegooi toe dit omslaan.
Albei is op die toneel oorlede, het Mokheseng
gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA