Twee dood toe bakkie omslaan
2011-08-09 22:59
Johannesburg – Twee mense is dood en drie ander beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R24 omslaan, het paramedici gesê.
“Dit wil voorkom asof die bakkie in die
rigting van Krugersdorp gereis het toe die ongeluk omtrent vieruur die middag plaasvind,” het
Chris Botha, ‘n woordvoerder vir ER24, gesê.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die
ongeluk.
Die beseerdes is op die toneel behandel en
later hospitaal toe geneem, het Botha gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.