Twee dood in gru-botsing
2009-11-30 13:42
Johannesburg - Twee mense is dood en twee ander in 'n kritieke toestand ná drie motors op die N1 naby die Malibongwe-afrit in Randburg, Johannesburg teen mekaar gebots het.
Die ongeluk het 'n uur gelede plaasgevind en verdere inligting is nog nie bekend nie.
Daar word beweer dat 'n 10 ton padwerke voertuig met teer die verkeer vertraag het toe 'n twee ton vragmotor teen dié voertuig gebots het. Die bestuurder van 'n Nissan-bakkie het toe beheer oor die bakkie verloor ek is in die ongeluk vasgevang.
Twee insittendes van die twee ton vragmotor was in die wrak vasgekeer en het weens hul beserings op die toneel beswyk.
Chris Botha, 'n woordvoerder van Netcare, het gesê brandweermanne moes lewenskake gebruik om die lyke uit die verwronge wrak van die voeruig te haal.
"Die bestuurder van die vragmotor en die bestuurder van die bakkie is in 'n kritieke toestand na 'n plaaslike hospitaal geneem."
– Netcare