Twee dood, honderde verplaas ná brande
2012-01-09 22:06
Johannesburg – Twee mense is dood en tot 200 mense moes verplaas word ná sinkhuis-brande oor die afgelope twee dae in Kaapstad gewoed het, het die stad se rampbestuursentrum Maandag gesê.
Die eerste brand het in KD Section, Philippi, uitgebreek, kort na middernag Sondag, het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, gesê.
Vyf-en-twintig sinkhuise het verbrand, waarna 72 mense verplaas moet word.
Ongeveer ‘n uur later is nog ‘n sinkhuis deur ‘n brand in Asanda Village in Strand verwoes. Een persoon is dood.
Teen 09:00 het twee houthuisies in ‘n agterplaas in Rocklands, Mitchells Plain, aan die brand geslaan. Nege mense moes verplaas word.
Teen 10:00 het ‘n brand by die Lusaka-informele nedersetting ‘n sinkhuis verwoes en drie mense dakloos gelaat.
Volgens Solomons-Johannes het ‘n brand Maandag in die vroeë oggendure by die Joe Slove-informele nedersetting in Langa 33 sinkhuise verwoes.
Altesaam 122 mense is verplaas. Nog ‘n brand het ongeveer dieselfde tyd agt sinkhuise verwoes en 32 mense dakloos gelaat. ‘n Man is ook dood in dié brand.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA