Twee deur gemeenskap doodgeslaan oor diefstal
2012-02-06 16:07
Johannesburg – Twee mans is dood en twee is kritiek beseer nadat hulle Maandag in die vroeë oggendure deur gemeenskapslede in Diepsloot, noord van Johannesburg, aangeval is, het Johannesburg se nooddienste gesê.
“Die mans is daarvan beskuldig dat hulle in die Diepsloot-omgewing gesteel het en die gemeenskap het hulle opgespoor en hulle geslaan,” het 'n woordvoerder, Robert Mulaudzi, gesê.
“Al vier die mans het verskeie beserings opgedoen, insluitende kop- en spinale beserings. Twee is op die toneel dood en die ander twee is na die Tembisa Hospitaal geneem.”
Mulaudzi het gesê die voorval is by die polisie aangegee sodat dit ondersoek kan word.
Hy het die gemeenskap versoek om nie die reg in hul eie hande te neem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA