Twee dae oue baba lewend in emmer gevind
2011-04-01 15:54
Oos-Kaap – 'n Twee dae oue babaseun is Vrydag lewend in 'n emmer naby 'n informele nedersetting in Dutywa in die Oos-Kaap gevind, het die polisie gesê.
Kapt. Jackson Manatha het gesê 'n vrou het die baba omstreeks 07:00 naby die GPO informele nedersetting gevind en na die polisie geneem.
"Die baba het gebewe en geruk en dit was duidelik dat hy die vorige aand in die koue deurgebring het."
Kapt. Fundiswa Mhlamanzana het vir die baba nuwe klere gekoop en na die Dutywa-kliniek geneem.
"Die baba se naam is Sindille, wat beteken hy het oorleef," het Manatha gesê.
Die kind sal nou in die sorg van maatskaplike werkers geplaas word.
Die polisie is nou op soek na die kind se biologiese ma.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA