Twee byna doodgeskiet
2009-10-17 11:03
Pietermaritzburg - Twee verdagte rowers is gedurende ‘n wilde jaagtog op 'n snelweg in Pietermaritzburg geskiet en ernstig gewond.
Die verdagtes is Vrydagaand deur Pietmaritzburg se snelweg-patrollie agterna gesit wat in 'n skietery ontaard het, het die ER24-nooddienste gesê.
“Drie mans het Vrydagaand ‘n Pep-klerewinkel in Hammarsdale beroof. Die snelweg-eenheid het die rowers gesien toe hulle besig was om te vlug,” het Derick Banks, ER24 se woordvoerder gesê.
“Die twee mans is elkeen in ‘n kritieke toestand nadat hulle verskeie skietwonde opgedoen het. Hulle beserings word tans by die Pietermaritzburg-hospitaal onder polisietoesig behandel.”
Die derde rower het weggekom.
- SAPA