Twee boere per week vermoor
2010-01-13 14:26
Kaapstad - Agri SA is bekommerd oor die toename in plaasaanvalle wat die afgelope paar maande in Suid-Afrika voorkom.
André Botha, voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê volgens hulle jongste statistieke vind daar gemiddeld twee plaasaanvalle per dag plaas.
Die statistieke dui ook aan dat gemiddeld twee boere per week in Suid-Afrika op hul plase vermoor word. “Ons is baie bekommerd oor die huidige situasie. Sedert Augustus verlede jaar het die aanvalle toegeneem.”
Botha sê statistiek wat die Polisie in Oktober verlede jaar bekend gemaak het, het ook aangedui dat verkragting onder swart vroue wat op plase werk of woon met 49% toegeneem het vergeleke met die statistiek van Oktober 2007.
Agri SA beoog derhalwe om volgende maand in Pretoria met die Regering en ander betrokkenes ’n veiligheidsberaad te hou.
Lees die volledige artikel op Landbou.com.