Twee beseer nadat brug wegspoel
2009-12-22 03:03
Johannesburg- Twee mense is beseer nadat ’n brug in Kanyamazane weens vloedwaters meegegee het, het die departement van vervoer in Mpumalanga gesê.
David Nkambule, ‘n woordvoerder van die departement het gesê die brug het Sondagoggend inmekaar begin sak en weggespoel terwyl mense daaroor gery het.
"Gelukkig het niemand gesterf nie. Die twee mense wat tydens die voorval op die brug was, het slegs matige beserings opgedoen.”
Die provinsie se departement van vervoer en padwerke, gaan binnekort met die herbou van die brug begin wat op ‘n munisipale pad geleë is.
Die departement het ‘n beroep op inwoners gedoen om eerder die Lupisi pad as ‘n alternatiewe roete te gebruik.
-Sapa