Twee beseer in Benoni-ongeluk
2011-12-28 20:09
Johannesburg – Twee beseerde mans moes uit die wrak van 'n vragmotor gesny word, nadat dit teen 'n bakkie gebots het in Benoni, Gauteng, het paramedici Woensdag gesê.
ER24-woordvoerder Vanessa Jackson het gesê die afleweringsvragmotor het teen die kant van die bakkie, op die N12 naby die Atlas-afrit, vasgery.
Die passasier in die vragmotor het sy been gebreek en die bestuurder het slegs geringe beserings opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA