Twee Samwu-beamptes in Gauteng geskors
2011-08-18 12:26
Johannesburg – Twee provinsiale leiers van die munisipale vakbond Samwu in Gauteng, is geskors, het die vakbond Donderdag gesê.
"Hulle skorsing hou verband met die finansies van die vakbond," het Koena Ramotlou, voorsitter, gesê.
"Ons ondersoek die saak en hoop die proses sal oor twee weke afgehandel wees."
Die SABC het Maandag berig dat vakbondlede in Gauteng die nasionale staking weens korrupsie in die provinsiale leierskorps geboikot het.
Lede van die vakbond het Maandag begin staak en eis 'n loonverhoging van R2 000 of 18%. Die Suid-Afrikaanse vereniging vir plaaslike regerings (Salga) se aanbod is 6%.
– Volg Nuus24 op Twitter