Twee SA'ners gearresteer weens dwelmfabriek
2010-07-15 02:39
Kaapstad - Die polisie vermoed 'n sindikaat was in beheer van 'n dwelmfabriek op 'n plaas buite Balfour in Mpumalanga waarop hulle vroeër toegeslaan het.
Die fabriek het 'n geraamde een ton Mandraxtablette per maand vervaardig. Twee Suid-Afrikaners, waarvan een vermoedelik die meesterbrein was, is in hegtenis geneem.
'n Polisiewoordvoerder, Leonard Hlathi, sê die fabriek is een van die grootste wat tot dusver ontdek is.
- Volg Nuus24 op Twitter.