Twee Chinese mans vas vir R5m se perlemoen
2011-09-01 22:56
Johannesburg – Twee Chinese mans is Donderdag in besit van perlemoen, met ‘n geskatte waarde van R5 miljoen, betrap in Fairlands, Johannesburg, het die polisie in Gauteng gesê.
Volgens lt. kol. Lungelo Dlamini het die mans, onderskeidelik 19 en 22 jaar oud, ‘n perlemoenverwerking-aanleg in hul huis bestuur.
Gedroogde perlemoen, gasbottels, kookpotte en droograkke is binne die huis gevind, het hy gesê.
Volgens Dlamini werk die mans vermoedelik vir ‘n perlemoensindikaat wat onwettige immigrante gebruik.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA