Twaalfde SA'ner vas in Thailand weens dwelms
2011-12-13 15:50
Kaapstad – Douglas Gibson, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Thailand, het gesê Nolubabalo Nobanda van Grahamstad is die twaalfde Suid-Afrikaner wat vanjaar op dwelmaanklagte in dié land in hegtenis geneem is.
Die 23-jarige Nobanda is op Bangkok se internasionale lughawe in hegtenis geneem.
Die polisie sê hulle het 1,5 kg kokaïene in haar rastalokke ontdek.
Gibson sê elf van die Suid-Afrikaners wat vanjaar in Thailand in hegtenis geneem is, is aan dwelmsmokkelary skuldig bevind en tien van hulle is vroue.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.