Twaalf kinders in ongeluk beseer
2011-06-08 20:58
Johannesburg - Twaalf kinders is beseer toe die taxi waarin hulle gereis het op die M4 naby Umhlanga, KwaZulu-Natal, omgeslaan het, het paramedici Woensdag gesê.
Die taxi, wat skoolkinders tussen die ouderdomme van 14 en 17 vervoer, het kort voor 16:00 Woensdag omgeslaan, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Twee van die kinders is ernstig beseer. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA