Tukkies kla oor dosent se Afrikaans

2011-04-08 08:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Meer as die helfte van die eerstejaarsgroep wat Afrikaans as hoofvak aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer, bly weg van dié klasse omdat hul dosent se taalvermoë hulle glo frustreer.

Beeld het vandeesweek klagtes van studente en hul ouers ontvang wat meen dié klasse is ’n vermorsing van tyd en studiegeld.

Hulle beweer hul dosent, dr. Suzan Thembekwayo, se klasaanbieding is ’n pyniging omdat sy taalblapse maak waarop hulle haar gereeld moet wys.

Sy het glo byvoorbeeld onlangs na werkinhoud verwys wat “belaglik” is, terwyl sy eintlik “belangrik” bedoel het.

“Dit het nie sin om in ’n klas te sit waar tot 15 minute daaraan bestee word om die woord ‘argumentasie’ te verduidelik nie.

“Baie van ons het ophou klas toe gaan omdat die werk hoofsaaklik woord vir woord aan ons voorgelees word,” het ’n student gesê.

Beeld het verneem die klagtes is onder die betrokke departementshoof se aandag gebring en daar is gevra hoe iemand Afrikaans as hoofvak kan aanbied as dit die dosent se derde taal is. Niks het egter nog gebeur nie.

Die UP het by navraag gesê Thembekwayo beskik oor ’n meestersgraad in Afrikaans wat sy in Afrikaans geskryf het.

“Sy het ook ’n doktorsgraad in toegepaste linguistiek, wat haar ’n spesialiskenner van linguistiek maak. Sy bied onderrig op dié vakgebied aan.”

Sy bied die betrokke eerstejaarskursus in Afrikaans reeds die afgelope vyf jaar aan en is op die hoogte van die vakinhoud.

Die UP het gesê die idee dat iemand ’n taal (as hoofvak) kan aanbied wat nie sy/haar eerste taal is nie, is nie vreemd nie.

“Talle moedertaalsprekers van Afrikaans is dosente in Engels, Zoeloe, Sotho, Duits of Frans. Ook vir hulle is dit ’n derde taal.”

Die universiteit het gesê daar word van Thembekwayo verwag om spesifieke werk oor Afrikaanse taalkunde aan te bied. “As foutiewe inligting oor die taalkunde aan die studente oorgedra word, sal dit gehanteer word.”

Een klagte het net oor haar uitspraak gegaan. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
74 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elmarie sê... Adoons hulle sal nog ons x ook uit tippex Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.