Tukkie-verkragter weer vas

2011-11-05 13:41
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die vermeende verkragter van ’n Tukkie wat verlede week ontsnap het, is weer gevang.

Tsietsi Samuel Mziza (24) was reeds ’n hele dag in die polisieselle voordat twee wakker polisiebeamptes van die Pretoria-Moot-polisiekantoor gister agtergekom het die man wat weens huisbraak in hul selle is, is ook die gesoekte man in die Tukkie-verkragtingsaak.

Hy is ná ’n huisbraak in Riviera gevang met ’n skootrekenaar onder die arm. Dit is presies net soos hy verlede Woensdag gevang is met die Tukkie-student (22) se skootrekenaar ook onder die arm. Hy het haar na bewering ná Bybelstudie in haar huis in Magalieskruin oorval, verkrag en 23 keer met ’n mes gesteek.

Ná dié voorval het Mziza langs die pad geduimry toe die polisie by hom stilhou. Buiten die skootrekenaar wat hulle agterdogtig gemaak het, het hy ook bloed op sy skoene gehad.

Hy het twee dae later uit die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, deur ’n toiletvenster ontsnap.

Ao. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het gesê nadat Mziza ontsnap het, het die Sino­ville-polisiekantoor ’n e-pos met die man se foto en besonderhede na verskeie polisiekantore gestuur.

Dié e-pos het gister by die Pretoria-Moot-polisiekantoor se misdaadintelligensie-kantoor uitgekom.

“Mziza het ’n vals naam opgegee toe hy eergister gearresteer is,” het Lightfoot gesê.

Me. Petro Kapp en ao. Rudolph Oosthuizen het egter die man op die foto herken.

“Oosthuizen het gesê die man lyk soos ’n inbreker wat die vorige dag gearresteer is en wie se foto hy geneem het. Hy neem foto’s van verdagtes vir rekord-doeleindes en om hul profiele na te gaan,” het Lightfoot gesê.

“Hulle het gaan kyk en dit is toe dieselfde man.”

Volgens Lightfoot het ’n vrou wat in Rosestraat in Riviera woon die polisie eergistermiddag gebel nadat daar by haar huis ingebreek en haar skootrekenaar onder meer gesteel is.

Sy het net by die huis gekom toe ’n man by haar erf uithardloop. Sy kon die beskrywing van sy klere aan konstt. Aubrey Makatu en Herman Mahlwele gee.

“Nadat die polisie by die vrou se huis was, het hulle in die omgewing gaan rondry. Hulle het ’n man in ’n erf gesien wat aan die vrou se beskrywing voldoen,” het Lightfoot gesê.

“Toe hulle by hom kom, het hy ’n skootrekenaar onder die arm gehad. Dit was die vrou se skootrekenaar wat gesteel is.”

Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof op ’n aanklag van huisbraak verskyn. Dit sal by die verkragting- en huisroofaanklagte gevoeg word waarvoor hy Dinsdag in die landdroshof in Pretoria-Noord sal verskyn.

Buiten dié sake is daar ook drie lasbriewe in 2001, 2002 en 2004 uitgereik vir Mziza se arrestasie weens verkragting en poging tot moord.

Die polisie soek al na hom vandat hy 14 jaar oud is.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elmarie sê... Adoons hulle sal nog ons x ook uit tippex Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.