Tukkie-student se verkragter ontsnap

2011-10-29 08:04
Tweets Share Share line Print

Die man wat glo ’n student aan die Universiteit van Pretoria verkrag en verskeie kere met ’n mes gesteek het ná Bybelstudie by haar huis, het ontsnap.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die man is baie gevaarlik. Buiten vir die verkragting en roof van die Tukkie-student (22) is daar ook drie lasbriewe uit vir sy inhegtenisneming weens verkragting.

Hy is Woensdagaand in hegtenis geneem ná die voorval in ’n veiligheidskompleks in Magalieskruin in die noorde van Pretoria.

Hy is in die selle van die Pretoria-Noord-polisiekantoor aangehou.

Dlamini het gesê die man (24) het gistermiddag omstreeks 14:00 uit die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, noord van Pretoria, deur ’n toiletvenster ontglip.

“Die verdagte het gekla dat hy siek voel en is hospitaal toe geneem,” het Dlamini gesê. By die hospitaal het hy gevra om toilet toe te gaan, waarna hy ontsnap het. ’n Interne ondersoek sal gedoen word om te bepaal hoekom die verdagte alleen gelaat is. Hy is gevaarlik,” het Dlamini gesê.

Die student het Woensdagaand Bybelstudie by haar huis gehad. Sy het saam met mense hek toe geloop om dit vir hulle oop te maak. Toe sy terug in die huis kom, is sy oorval. Sy is verskeie kere met ’n mes in die gesig, op die arms en bene gesteek.

Ná die aanval het sy haarself na die tuinhekkie gesleep waar ’n ander inwoner wat weens tandpyn nie kon slaap nie, haar gekry en hospitaal toe geneem het.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elmarie sê... Adoons hulle sal nog ons x ook uit tippex Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.