Tuinwerker vas wat glo vrou aanval

2010-07-13 08:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die tuinwerker wat na bewering ’n jong vrou in haar ouerhuis in Heuwelsig, Bloemfontein, met ’n tuinvurk aangeval het, is ná meer as ’n maand eindelik deur die Valke vasgetrek.

Thabiso Michael Phetlha (27) het Maandag vlugtig in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hy Donderdag in Tsakane naby Springs in Gauteng in hegtenis geneem is.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die Valke, sê dit kom nadat hulle inligting opgevolg het.

Phetlha het na bewering op 4 Junie Karien van Rheede van Oudtshoorn (21) aangeval en met ’n tuinvurk in die nek gesteek.

Hy het na bewering ook gedreig om haar te verkrag en vermoor en ’n selfoon en geld gebuit.

Phetlha moet weer op 19 Julie in die hof te verskyn en bly in aanhouding.

Volksblad het vroeër met Van Rheede van Oudtshoorn gesels.

Phetlha het glo drie jaar tuinwerk by haar ouerhuis gedoen. Hy het na bewering verdwyn nadat hy gekonfronteer is oor geld, maar op die dag van die aanval om werk kom smeek.

Nadat sy later die agterdeur vir hom oopgemaak het, het hy na bewering die huis met ’n tuinvurk binnegestorm.

“Hy het geld en skootrekenaars gevra. Later het hy Amerikaanse dollars gesoek. Ek het vir hom gesê ek het niks in die huis nie.”

Phetlha het haar na bewering by die trap opgelei na haar pa se studeerkamer, waar hy in die laaie rondgekrap en op ’n paar rand afgekom het.

“Hy het weer op geld, skootrekenaars en vuurwapens aangedring.”

Van Rheede van Oudtshoorn sê sy het hom gesmeek en gesê daar is nie geld nie.

“Dis toe dat hy sê hy gaan my in elk geval verkrag en vermoor. Hy het my regoor my lyf betas, maar gelukkig nooit my klere uitgetrek nie. Toe steek hy my in my nek.”

Sy sê die werker het weer gemik om haar met die tuinvurk te steek, maar sy het haar teëgesit.

“Ek het losgekom, by die voordeur uitgehardloop en bo-oor ’n muur van 1,8m gespring. Hoe ek dit reggekry het, weet ek nie.”

Volgens Van Rheede van Oudtshoorn was die eerste motor wat sy gestop het, iemand wat sy geken het.

“Sy het my na die polisiekantoor gebring.”

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elmarie sê... Adoons hulle sal nog ons x ook uit tippex Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.