'Tuiniers' oorval vrou in plaashuis
2011-11-15 11:44
Noordwes – 'n Vrou is deur twee mans in haar huis naby Koster in die Noordwes aangeval kort nadat sy hulle as tuinwerkers in diens geneem het, berig RSG.
Die mans het die 37-jarige vrou gedwing om die kluis, waarin twee vuurwapens en ammunisie was, oop te sluit, het 'n polisiewoordvoerder gesê.
Hulle het die vuurwapens, ammunisie, kos, elektriese toestelle en 'n selfoon gebuit.
'n Polisieman het die mans op die N4 gesien en wou hulle in hegtenis neem toe 'n struweling ontstaan het. Een van die mans is doodgeskiet en die ander een het gevlug.
Al die gesteelde goedere is teruggevind.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter