Tuinier verdrink in swembad
2010-08-25 21:08
Kaapstad – ‘n Tuinier het Maandag by ‘n privaat huis in Brentwood Park in Benoni in ‘n swembad verdrink, het ER24 gesê.
Volgens die eienaar van die huis het hy die man laas rondom 12:00 gesien en toe hy weer sowat 14:00 uitgaan het hy die tuinier bewusteloos in die swembad gevind.
Hy het onmiddellik vir ER24 vir hulp gekontak.
Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle gevind dat dien man nie asemhaal nie en hulle het mond tot mond asemhaling op hom toegepas.
Hulle pogings was onsuksesvol en die man, wat in sy veertigs was, is op die toneel dood.
Die man was besig om ‘n huisie langs die swemad te verf en daat word vermoed dat hy van die leer af in die swembad geval en toe verdrink het.
Dit is steeds nie duidelik hoe lank die man in die water was voordat hy gevind is nie.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter