Tuinier skiet vrou dood

2010-09-24 12:14
Tweets Share Share line Print

Beeld

Pretoria - ’n Pretoriase vrou het Donderdag vermoedelik die hek vir haar tuinwerker oopgemaak oomblikke voordat hy haar in die kop geskiet het.

Daarna het hy Christa du Toit (53) se huiswerker en vriendin gedwing om vier keer bo-oor haar lyk te klim en self daaraan geskop.

Du Toit is dood in die gang van haar huis in Swacina Park, op die Uitzicht-kleinhoewes in die weste van Pretoria, by die plek waar sy haar elektroniese hek van binne af oop- en toemaak.

“Dit is verskriklik. Die een oomblik praat jy met haar. Dan kom jy terug en sy het ’n skoot in die kop,” het Mickey Coetzee (48) vertel.

Du Toit, Coetzee en ’n huiswerker, Maurine Mambo (30), was Donderdagoggend alleen by die huis nadat Du Toit se verloofde, André du Plessis (54), Kempton Park toe is vir werk.

Du Toit se twee tuinwerkers het die oggend nie soos gewoonlik vir werk opgedaag nie.

Omstreeks 08:30 het Mambo gesien hoe die een tuinwerker Du Toit in die huis wurg en haar gehoor skreeu.

Coetzee was toe in haar woonstel op dieselfde perseel.

“Die volgende oomblik het Maurine aangehardloop gekom en gesê Christa word as gyselaar gehou,” het Coetzee gesê.

“Ek het vir Maurine gesê om die deur te sluit. Sy het net die deur gesluit toe skiet hy ’n skoot deur die deur.”

Die man het Coetzee en Mambo by die badkamer ingedwing voordat hy hulle na die hoofhuis geneem het.

Hy het ’n vuurwapen teen Coetzee se kop gedruk en aanhoudend geld geëis.

“Ons het in die gang ingeloop, toe lê Christa daar,” het Coetzee gesê.

“Ons moes oor haar loop na die hoofslaapkamer toe.

Hy het ons gedwing om vier keer oor Christa se lyk se loop.

“Toe ons die eerste keer oor haar lyk loop, het ek hom gevra of Christa dood is.

Hy het haar lyk geskop en vir my gesê om stil te bly.”

Ná die vierde keer het hy hulle by die agterdeur uitgestoot.

Mambo het die tuinwerker se vuurwapen gegryp en in die lug gegooi.

Dit het op die grond stukkend geval. Mambo het weggehardloop en by ’n buurman gaan hulp soek.

Toe takel die moordenaar Coetzee en slaan haar verskeie kere met die vuis in die gesig.

Sy het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom, was hy weg.

Lede van die Hercules-polisiekantoor, die polisie se lugvleuel en die Pretoriase K9-eenheid (die ou honde-eenheid) was binne minute op die toneel.

Coetzee het gratis hospitaalbehandeling van Wesmed by Bougainville-hospitaal in Hercules ontvang.

Du Toit het twee kinders, Amanda (26) en Leon (31).

Ao. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is op soek na Nyasha Mabure (19) wat moontlik met die ondersoek kan help.

Niks is geroof nie.

De Bruin het gesê dit lyk of hy geld geëis het, maar niks gekry het nie.

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elmarie sê... Adoons hulle sal nog ons x ook uit tippex Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.