Tuinier dreig werkgewer met die dood

2011-07-19 07:10
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - ’n Onderwyseres van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het ’n dringende voorlopige bevel in die Vrystaatse hooggeregshof teen haar tuinier gekry nadat hy haar en haar huishulp met die dood gedreig het.

Oupakie George Majafa van Bloemside wat al die afgelope tien jaar by Wilmie en Hans Vosloo in Kestellstraat, Waverley, tuinwerk gedoen het, is deur die voorlopige bevel van regter Corné van Zyl verbied om mev. Vosloo met fisieke geweld of of liggaamlike leed te dreig.

Hy word ook verbied om in hul erf te kom, of binne ’n radius van 500 m daarvan sonder mev. Vosloo se toestemming. Hy mag ook nie met haar kontak maak nie, behalwe deur haar prokureur.

Dié tussentydse bevele tree dadelik van krag nadat dit op hom persoonlik beteken is.

Mev. Vosloo sê in ’n hofverklaring hoewel Majafa gereeld onder die invloed van drank by die werk opgedaag het, was sy werk deurgaans bevredigend.

Hy het soms met kneus- en snywonde wat hy in bakleierye in tavernes opgedoen het by die werk opgedaag. Sy het hom dan op haar koste vir mediese behandeling gestuur.

Einde Januarie vanjaar het hy egter só besope by die werk opgedaag dat sy hom huis toe gestuur het. Sy en haar man het hom ’n finale waarskuwing gegee.

Hy was skynbaar baie ontevrede oor dié aanmaning en het die huishulp, Emily Jolinga, kwalik geneem en haar beskuldig dat sy teen hom kant kies.

Hy het haar glo ook gedreig dat hy haar met ’n tuinvurk sou doodmaak en in die gesin se vrieskas sou sit.

Vosloo sê daarom het hulle vir Majafa op betaalde verlof gesit terwyl sy en haar man van 21 Junie af in die buiteland was.

Op die Sondagoggend van 26 Junie het Majafa gebel en het hy sy weeklikse betaling gesoek. Sy het aan hom gesê hy weet mos hy kry dit Maandae in sy bankrekening.

Hy het aggressief oor die telefoon geraak en gesê: “Jy weet ek sal kom en jou doodmaak.”

Vosloo sê sy neem dié dreigement baie ernstig op. Majafa tree weens sy drankgebruik baie onstabiel op.

Haar man, wat vroeër as sy terug in die stad was, het Majafa op 11 Julie skriftelik ontslaan. Hy is ook ’n skeidingspakket van drie maande se salaris aangebied.

Sy was op 13 Julie eers weer terug in die stad. Weens die dreigement voel sy haar veiligheid word bedreig.

Sy sê omdat Kestellstraat ’n doodloopstraat is, het Majafa geen nodigheid om binne 500 meter van hul huis te wees nie.

Adv. Piet Greyling, in opdrag van Deon Honiball van Matsepes-prokureurs, het die aansoek voor regter Van Zyl geargumenteer. Die keerdatum is 4 Augustus. 

- Volksblad

Lees meer oor: doodsdreigemente

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.