Tshwane spandeer miljoene op kringtelevisie
2010-10-08 18:59
Johannesburg - Miljoene rande word elke jaar deur Tshwane se department van gemeenskapsveiligheid spandeer op ‘n kringtelevisiekamera-stelsel wat nie heeltemal in werking is nie, het Pretoria News Vrydag berig.
Volgens die department se direkteur van beskermingsdienste, Steve Ngobeni, werk slegs 68 uit 168 kameras op die oomblik, ondanks die munisipaliteit se uitgawes van R3 miljoen op dié kameras.
Die betalings maak deel uit van ‘n omstrede tender van R121 miljoen oor drie jaar, wat nou in die hof bestry word. Vrae word gevra oor onreëlmatige betalings deur die department, het Pretoria News berig.
Die tender is vir die voorsiening, installering, kommisie, bewerking en instandhouding van ‘n digitale makro-waakstelsel.
Die onreëlmatige betalings het luidens berigte veroorsaak dat die department geld van elders moet kry, aangesien die begroting reeds oorskry is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA