Tshwane sê rekeninge is nié ’n groot probleem

2012-02-09 09:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Inwoners wat aanmanings kry oor wanbetaling en dienste wat verkeerdelik opgeskort word, is ’n geringe probleem, sê die Tshwane-metro.

Beeld het Woensdag berig daar is groot ongelukkigheid onder inwoners in Tshwane wat kennisgewings kry dat hul dienste opgeskort gaan word weens wanbetaling, al betaal hulle pligs- getrou.

Tshwane kon verlede maand nie betyds rekeninge aan sowat 180 000 inwoners stuur nie weens ’n tekort aan koeverte.

Inwoners is versoek om betalings op grond van gemiddelde maandelikse verbruik te doen.

Baie inwoners het ook in Desember nie rekeninge gekry nie.

Van die inwoners kry nou aanmanings oor agterstallige rekeninge.

Jason Ngobeni, stadsbestuurder van Tshwane, het Woensdag gesê dit blyk daar is “onbestendigheid” met sommige inwoners se rekeninge.

Hy het gesê Tshwane probeer dienste wat verkeerdelik afgesny is binne 24 uur en selfs gouer herstel.

Ngobeni het gesê dit is nie ’n grootskaalse probleem nie.

Hy het gesê Tshwane het gesukkel om die rekeningstelsels van die vorige Metsweding-rade (Kungwini en Nokeng tsa Taemane), wat in 2011 ná die munisipale verkiesing by Tshwane ingelyf is, geïntegreer te kry.

Sowat 25 000 inwoners van die voormalige Kungwini en No-keng se inligting het verlore geraak in die oorskakeling, maar Tshwane sê die syfer het sedertdien gedaal en sowat 2 000 rekeninghouers se inligting moet nog bekom word.

Sommige inwoners moes die laaste paar maande van ver buite Bronkhorstspruit ry om by die munisipale kantoor in dié dorp te gaan hoor wat hul skuld beloop.

Elzabé Gagiano, ’n Pretoriase verbruikersaktivis wat inwoners help met rekeningprobleme, het gesê daar was die laaste ruk ’n duidelike styging in die getal inwoners wie se dienste verkeerdelik opgeskort word.

Die metro het inwoners wat nie hul rekeninge ook per e-pos of SMS kry nie, gevra om dié besonderhede aan hulle te gee.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tshwane  |  rekeninge

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.