Tshwane ontvang 755 087 klagtes

2010-10-01 06:40
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die Tshwane-metromunisipaliteit ontvang maandeliks ongeveer 63 000 klagtes van inwoners en al hoe meer is boonop aan die kla.

Die munisipaliteit se voorlopige jaarlikse prestasieverslag vir 2009-’10 het gister voor die metroraad gedien.

Dit toon Tshwane se inbelsentrums het in dié boekjaar ’n aansienlike styging in die aantal klagtes ervaar en moes 755 087 oproepe van inwoners met griewe beantwoord. Dit is ’n toename van 47,3%.

Volgens die verslag is die vaslegging van inwoners se klagtes ook “steeds ’n kwessie”.

Verskeie departemente het nie die doelwitte bereik wat vooraf gestel is nie.

Die DA het gesê die verslag staaf die feit dat die ANC die munisipaliteit nie doeltreffend kan bestuur nie.

Gert Pretorius, DA-leier, het verwys na ’n projek wat die voorsiening van ’n rioolnetwerk behels. “Die aanvanklike doelwit was 19,5 km. Die aangepaste begroting het dit tot 8,6 km laat krimp, maar net 1,1 km is uiteindelik voltooi.

“Die laat aanstelling van kontrakteurs, probleme met aankope en die feit dat geen terugvoer etlike maande lank ontvang is nie, word as redes aangevoer. Bid jou dít aan!”

Volgens Pretorius het die tyd aangebreek dat die ANC erken hy kan nie sukses in Tshwane behaal nie.

Luidens die verslag is ’n agterstand in die voorraadkettingstelsel, die aangepaste begroting, voorkeur wat aan WB 2010-projekte gegee is en swak diens wat sommige kontrakteurs gelewer het die vernaamste redes vir die tekortkominge wat in die verslag vervat is.

Terrance Mashego, ANC-hoofsweep in die raad, het in reaksie op die DA se kritiek gesê die ANC aanvaar alles is nie 100% nie. “Dit is hoekom die verslag voor die raad dien. Dit wat daarin staan, is die werklikheid en ons moet mekaar help om dit te pak. As dié skip sink, sink ons almal saam.”

Derek Fleming, DA-hoofsweep, het gesê hy is verheug dat Mashego “die ANC se mislukkings” erken.

Dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester, het gesê munisipaliteite het wêreldwyd soortgelyke uitdagings.

“Jy gaan dit kry in Londen, China en selfs in Kaapstad, waar die munisipaliteit nie eens toilette behoorlik kan voorsien nie.”

- Beeld

Lees meer oor: tshwane  |  munisipaliteite

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.