Tshwane-metropolisie wéér in sop
2010-10-04 19:36
Pretoria - 'n Zimbabwiese tiener wat spoorloos verdwyn het terwyl hy sowat drie weke gelede in polisie-aanhouding was, is steeds nie opgespoor nie, het die Tshwane-metropolisie gesê.
Dir. Mel Vosloo het bevestig dat die metropolisie besig is met 'n interne ondersoek en het gesê hulle gee werk saam met die polisie in dié verband.
"Ons volg al die leidrade op," het hy gesê.
Leon Chimuta en vier ander Zimbabwiërs het sigarette en ander items buite 'n nagklub verkoop toe hulle deur die metropolisie in hegtenis geneem is.
Volgens Pretoria News het Chumuta se broer, James, na die polisiekantoor gegaan om hul borgtog te betaal, maar bevind dat die polisie hulle geslaan het. Die polisie het hom ook bygedam toe hy ingryp.
Hulle is vir sowat twee uur by die Tshwane-metropolisie in Vermeulenstraat aangehou en is daarna een vir een in Diepsloot afgelaai is.
Chumuta (17) is sedertdien soek.
Vosloo het intussen berigte van uitbuiting deur 'n sindikaat in sy departement ontken.
"Hulle het dit uit hul duim gesuig."
Die sindikaat maak na bewering duisende rande 'n aand deur dronkbestuurders, ryk manne wat prostitute oplaai en smouse te teiken.
Slagoffers word met inhegtenisneming gedreig, waarna hulle dan instem om te betaal. Daarna word hulle na OTM'e geneem om geld te onttrek en word slegs ná betaling vrygelaat.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA