Tshwane kan nie water, ligte betaal

2009-08-19 06:38
Tweets Share Share line Print

Antoinette Slabbert

Pretoria – Die Tshwane-metroraad kan nie sy water-en-elektrisiteitrekeninge betaal nie.

Die raad het gister bevestig hy moes met Eskom en Rand Water reël om sy rekening af te betaal.

Luidens ’n verklaring skuld die raad feitlik R500 miljoen aan Eskom en sowat R65 miljoen aan Rand Water.

William Mahlangu, burgemeesterkomiteelid vir finansies, het by navraag gesê inwoners hoef nie te vrees die stad se krag- en watertoevoer sal afgesny word nie.

Volgens hom is ’n ooreenkoms reeds met Eskom bereik terwyl onderhandelinge met Rand Water voortduur. ’n Plan om die raad se bedryfskapitaal te verbeter sal glo vandag aan die burgemeesterskomitee voorgelê word.

Die krisis kom ná hardnekkige gerugte dat die raad geldelik in die moeilikheid is. Die internasionale graderingagentskap Moody’s het die raad se kredietgradering verlede maand van “stabiel” na “negatief” aangepas.

Die raad het in Maart gerugte ontken dat hy moes raap en skraap vir genoeg geld vir salarisse. In Junie het hy ’n aansporingskema aangekondig om agterstallige skuld in te vorder. In Mei het die raad ontken die dubbele rekening wat hy vir eiendomsbelasting en vullisverwydering gelewer het was daarop gemik om kontantvloei te verbeter.

Die raad pak die skuld vir die huidige krisis op agterstallige betalings uit die vorige boekjaar, swakker invordering in Julie weens die munisipale staking en verbruikers wat swak betaal omdat die ekonomie druk.

Luidens ’n verklaring was die raad se kragrekening vir Julie meer as dubbel die gemiddelde maandelikse bedrag, wat hom gedwing het om met Eskom te gaan onderhandel.

Volgens die raad se nuutste finansiële state, dié vir Junie, op sy webwerf was daar in die jaar tot Junie ’n onderverhaling van R149 miljoen op eiendomsbelasting en byna R600 miljoen op diensgelde soos water, ligte en sanitasie. Daar was oorbesteding van R72 miljoen aan grootmaat-aankope (water en elektrisiteit).

Verbruikerskuld van meer as R2,6 miljard was langer as 30 dae agterstallig.

Brandon Topham, DA-raadslid wat in die finansiële komitee dien, het gesê die krisis is geen verrassing nie.

’n Kultuur van wanbetaling word volgens hom bevorder omdat die raad te min personeel het om korrekte rekeninge te lewer en navrae oor rekeningprobleme spoedig en doeltreffend te beantwoord.

Boonop word kredietbeheer selektief toegepas en die stelsel werk nie vir ’n groot stad nie.

Volgens Mahlangu skuld die Madibeng- en Moretele-munisipaliteit Tshwane saam sowat R150 miljoen.

Selfs pleidooie aan Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, kon hulle nog nie sover kry om te betaal nie. As dié geld inkom en die raad se regeringsubsidies in September oorbetaal word, sal dit volgens Mahlangu beter gaan.

- Beeld

Lees meer oor: tshwane  |  skandale

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.