Tronkstraf aanbeveel vir Hewana oor Yengeni-saak

2010-02-09 11:06
Tweets Share Share line Print

Maygene de Wee

Kaapstad - Siphiwe Hewana, gewese stasiebevelvoerder van die Goodwood-polisiekantoor, het presies die teenoorgestelde gedoen van wat in die polisie se visie, missie en waardes staan.

Só het dir. Johan Brand, provinsiale hoof van die Wes-Kaapse speurdienste, gister in die Parow-streekhof getuig in die saak waarin Hewana verlede jaar skuldig bevind is op aanklag van poging tot regsverydeling.

Die saak teen Hewana spruit uit sy inmenging met getuies in die dronkbestuursaak teen Tony Yengeni, gewese ANC-hoofsweep. Brand, sowel as komm. Thulani Ntobela, tans polisiehoof in Mpumalanga, het getuig gevangenisstraf is die enigste opsie wat vir Hewana oorweeg moet word.

Ntobela, wat tot verlede jaar ’n assistentkommissaris in die Wes-Kaap was en die ondersoek teen Hewana gelei het, het getuig hy is ten tyde van Hewana se verhoor verneder elke keer wanneer hy in die getuiebank gestaan het. “Ek is telkens deur die verdediging daarvan beskuldig dat ek leuens vertel, terwyl ek geweet het dié aantygings is onwaar.”

Hy het getuig Hewana se optrede het die beeld van die polisie benadeel en dat daar te veel korrupsie in die polisie is. “Dit (die korrupsie) moet uitgeroei word.”

Brand het gesê gevangenisstraf sal ’n sterk boodskap vir ander polisiebeamptes uitstuur. Hy het gesê hy gaan die polisie se visie, missie en waardes in die hof voorlees omdat Hewana se optrede nie in ooreenstemming daarmee was nie. “Hy moes as stasiebevelvoerder ’n voorbeeld vir ander stel.”

Sizwe Ndzungu, ’n korrektiewe beampte van die departement korrektiewe dienste, het in sy verslag gesê Hewana is geskik vir korrektiewe toesig.

“Ek het sy persoonlike omstandighede en verlede in ag geneem.” Hy het ook in sy verslag geskryf dat Hewana nog steeds ontken dat hy ’n misdryf gepleeg het.

’n Verslag deur ’n proefbeampte moet nog by die hof ingedien word.

Die saak is tot 23 Maart uitgestel vir die proefbeampte se verslag. Hewana sal daarna gevonnis word.

- Die Burger

Lees meer oor: tony yengeni  |  sapd

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.