Trok trap betogers
2011-03-28 13:25
Johannesburg – Vier betogers is Maandag dood en ‘n vyfde is ernstig beseer toe ‘n vragmotor die groep op die Helpmekaarpad, Ladysmith, getref het.
Volgens ‘n woordvoerder vir die departement van vervoer, Zinhle Mngomezulu, is dit nie duidelik waaroor die betoging gegaan het nie.
Die vier is op die toneel dood en die beseerde persoon is in ‘n ernstige toestand na Ladysmith se provinsiale hospitaal geneem vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA