'Troep, bring toiletpapier of knyp...'

2011-04-08 07:03
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die nood by die Waterkloof-lugmagbasis druk glo deesdae só erg dat soldate nou hul eie toiletpapier moet saambring werk toe.

Ontstoke lede van die basis vertel hulle is ingelig dat die geld vir ’n nuwe besending toiletpapier nog nie vir die nuwe boekjaar beskikbaar is nie.

Die einde van die vorige boekjaar was einde Maart. Tot verdere kennisgewing moet elkeen dus vir homself sorg, is aan die soldate gesê.

Navrae by die lugmag het gister geen reaksie ontlok nie. ’n Ingeligte het egter verduidelik dat die krisis eerder weens die swak beplanning en begrotingsbestuur in sekere eenhede op die basis teweeggebring is.

Daar is ’n gróót stoor vol toiletpapier op die basis en die kwartiermeester is in beheer daarvan.

Ingevolge die jongste begrotingsbestuurstelsel moet elke direktoraat begroot vir sy hoeveelheid papier per jaar.

Die probleem is dat sommige afdelings “vergeet” het om vir toiletpapier en ander items te begroot en nou is hulle in die moeilikheid.

Dieselfde ingeligte het gesê die probleem met die papier word tienvuldig vererger omdat dit deesdae as “wit goud” in die weermag beskryf word.

Die papier word in sulke enorme hoeveelhede gesteel dat die kartonrolletjie wat oorbly as die papier opgebruik is ingeruil moet word vir ’n vol rol.

Die lugmag het nie op skriftelike navrae gereageer nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: skandale

Lewer kommentaar op hierdie artikel
55 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.