Trio vas ná hamer-aanval
2010-06-29 01:15
Port Elizabeth – Drie mans is Maandag in Motherwell vasgetrek nadat hulle glo ‘n 54-jarige man met ‘n hamer aangeval het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Die trio, tussen die ouderdomme van 22 en 28, het die slagoffer glo op 20 Junie by sy huis aangeval,” het kol. Makhwenkwana Ngini, polisiewoordvoerder, gesê.
Hulle het op die vlug geslaan met selfone wat hulle uit die huis gesteel het.
Na afloop van ‘n ondersoek deur die polisie is die verdagtes vroeg Maandagoggend vasgetrek. Hulle sal Woensdag in Motherwell in die landdroshof verskyn.
Die drie kan glo ook gekoppel word aan ander rooftogte.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA