‘Tribunaal sal korrupsie vermom’
2010-09-18 14:30
Johannesburg – Die inligtingswet en voorgestelde mediatribunaal is instrumente om korrupsie te vermom, het Helen Zille, leier van die DA, Saterdag gesê.
Die party se twee leiers, Zille en Patricia De Lille, het vanaf Parktown tot die konstitusionele hof in sentrale Johannesburg gemarsjeer om teen die wet en tribunaal te betoog.
Zille het aan skare buite die hof gesê dat die wet “die beskerming van die korrupsiewet” genoem moet word aangesien dit lede van die heersende party wil beskerm.
Sy het verwys na haar ondervinding as ‘n joernalis in die 1970’s toe die koerant waarvoor sy gewerk het moes toemaak weens apartheid se mediatribunaal.
Volgens Zille is dit dieselfde as die tribunaal wat die ANC voorstel.
Die DA en sy ondersteuners het daarna na die apartheidsmuseum gegaan om ‘n kopie van die inligtingswet te oorhandig.
“Ons gaan hulle vra om dit in die museum op te hang. Ons wil dit tussen ou wette sien om te wys dat die ANC in die apartheidsmuseum hoort.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA