Trevor klap sweep oor korrupsie

2011-04-18 07:06
Tweets Share Share line Print

Hopetown - Terwyl verkiesingskoors in die Noord-Kaap styg, het Trevor Manuel, hoof van die nasionale beplanningskomitee, Sondag hier op ’n byeenkoms die sweep geklap teen korrupte staatsamptenare.

In nog ’n verkiesingsveldtog in die Noord-Kaap het ook Mosiuoa Lekota, leier van Cope, die naweek op Strydenburg, Petrusville en De Aar skerp kritiek teen die ANC oor korrupsie in munisipaliteite uitgespreek.

Oud-pres. Nelson Mandela se belofte van ’n beter lewe vir almal het onder die ANC en sy provinsiale voorsitter, John Block, ontaard in ’n beter lewe vir sommiges, het Lekota gesê.

Manuel het voor ’n skare van meer as ’n duisend mense in die Sunnyboy Jantjies-stadion op Hopetown gesê korrupsie moet uitgeroei word. Almal moet dit teenstaan, raadslede inkluis. Raadslede en wykskomitees moet aanspreeklik gehou word, het hy gesê.

Die ANC-byeenkoms is gehou op Hopetown, waar die opposisieparty Cope sterk staan en waar die ANC Sondag ’n groot indruk op kiesers wou maak.

Die premier, Hazel Jenkins, lede van die Noord-Kaapse wetgewer en ANC-ringkoppe, onder wie Naledi Pandor, Jessie Duarte, Duma Ndleleni, Collins Chabane en Playfair Morule was op die verhoog om kiesers te oorreed om hul kruisies langs die logo met groen, goud en swart te trek.

“Copetown moet weer Hopetown word,” het een van die ANC-sprekers gesê.

Manuel het baie klem op samewerking gelê. “Saam sal ons meer bereik. Ons moet vir die gemeenskap stem en nie vir eie belang nie. Ons as amptenare is die diensknegte van die gemeenskap. Kandidate moet pligsgetrou en dienend wees. Die raadslede moet namens ons na water, krag en sanitasie omsien.

“Ek wil ook nie meer hê dat raadslede so geheimsinnig moet wees oor hul doen en late nie. Hulle moet elke vier maande verslag aan die hele gemeenskap doen oor werk wat gedoen is, al dan nie.”

Manuel, en later ook Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, het verwys na die Ficksburg-voorval waarin Andries Tatane dood is. Albei het dit ’n jammerlike en betreurenswaardig voorval genoem. Die polisie moet mense beskerm, het Manuel gesê.

“Een van ons verkiesingsboodskappe is dat mense veilig in die teenwoordigheid van die polisie moet voel. Ons het almal die demokratiese reg om met mekaar te verskil.”

Phosa het op sy beurt gesê inwoners kan slegs vir die ANC stem, omdat dié party se lede vir byna 100 jaar gely en opgeoffer het. Geen ander party kan dit sê nie.

“Ons gaan verseker dat julle almal ’n beter lewe geniet, veral in die Noord-Kaap waar daar so baie myne is. Die myne moet deelneem en meer werk skep.

“Ons het ook met boere gepraat en almal wil met werkers saamwerk en hulle oplei. Ons wil ook baie swart boere hê, net soos ons baie wit boere het.

Oor onderwys het hy gesê: “Verwoerd kan in sy graf omdraai. Swart kinders kan ook wetenskap en wiskunde leer. Ons wil verseker dat ons kinders by die skool kry om ’n goeie opvoeding te kry.

“In die arm woonbuurte gaan ons verseker dat daar water, krag en oorhoofse ligte is om veiligheid te verbeter,” het Phosa afgesluit.

Die toeskouers is met musiek en dansers vermaak en daar was verskeie toesprake van die koalisiepartye, die ANC-jeugliga en die ANC-vroueliga.

Cope het Sondag in reaksie gesê die ANC het so ’n groot vertoning in die streek gehou omdat die party bang is vir die opposisieparty.

“Ons het in die provinsiale verkiesing in 2009 die ANC se steun met 20% laat daal. Ons het nog net 2% nodig om hier te regeer.” 

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

StormerHJ sê... Of dit nou die ANC of die ANCYL is, beide is besmet met marxistiese en sosialistiese sieninge en dogma's waarvan een is om geen teëstand te verdra nie en om kaders na willekeur te plaas of te onttrek........alles behalwe demokraties. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 189,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr
2006
R 79,995.00

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2012
R 163,020.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.